Local newsNewsNews

Prof. Cachet se familiegeskiedenis leef voort danksy kleinkind (92) se skenking

Die enigste oorlewende kleinkind van Prof. Jan Lion Cachet het onlangs historiese items aan die Gereformeerde Kerk Museum geskenk.

Die bekende Gereformeerde Kerk predikant, Prof. Jan Lion Cachet se laaste familieartikels het nou ‘n veilige tuiste gevind by die Gereformeerde Kerk Museum in Potchefstroom (GKSA).

Die laaste oorlewende kleinkind van Prof. Cachet, Ester Miriam Coetzee (92) het op Vrydag, 9 September, ‘n paar besondere familieartikels aan die museum geskenk om vir die nageslagte en geskiedkundige redes behoue te bly.

Ester Miriam Coetzee (92)

Een van hierdie kosbare artikels is ‘n ornament van ‘n hondjie wat op die lessenaar gestaan en as ‘n sleutelhouer in haar oupa se huis in Burgersdorp gefunksioneer het.
“My oupa het gevra waar die sleutels is, toe vertel my ouma dat dit aan die hond se stert is. Min wetend het my oupa hom vererg, maar eintlik het die sleutels regtig aan hierdie hond se stert gehang,” vertel Coetzee, wat tans by Huis Eikelaan in die versorgingseenheid woon.

Die hondjie wat deel van Prof. Jan Lion Cachet se huis in Burgersdorp was.


Haar ma, Lettie, was ook getroud met Prof Joon van Rooy, voormalige rektor en dekaan van die PU vir CHO.
Op 92 is Coetzee se brein nog helder en onthou sy die verskillende familiestukke en hulle belangrike betekenis vir haar. Dit is juis oor die sentimentele waarde van hierdie stukke dat sy ingestem het dat dit veilig in die museum bewaar moet bly.
Nog ‘n belangrike artikel is die Joodse bidmantel wat Prof. Lion Cachet se pa, Salomon Lion Cachet, gedra het en deur die generasies behoue gebly het.

Van die artikels wat aan die GKSA-museum geskenk is. 

Carmie Huisman, die argivaris by die Gereformeerde Kerk Museum, en Suzette Coetzee, ‘n museumbeampte gaan nou hierdie artikels veilig bewaar.
‘n Aantal voorwerpe uit die GKSA Kerkmuseum Versameling op bruikleen by die Burgersdorp Kultuurhistoriese Museum is in Juliemaand met aandrang van die Cachet afstammeling na die Kerkmuseum teruggeskuif. Onder die kosbaarhede is ‘n swart lamfer rookmus van Prof. Cachet wat hy gedra het as merk van rou na dood van sy seun in die Anglo Boere Oorlog.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button