‘n Man is vanmiddag (14 September) dood nadat ‘n bakkie en trok op die R501 tussen Potcheftroom en Carletonville in ‘n ongeluk betrokke was.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 14:30 op die toneel gekom.
“Die bakkie het op sy dak langs die pad gelê. ‘n Trok en sleepwa is ‘n entjie verder in die veld gevind,” het Meiring gesê.
Volgens hom het paramedici ‘n man wat glo in sy 30s is binne die bakkie aangetref. Die man was in die bakkie vasgekeer.
“Die man wat vasgekeer was, het reed aan sy beserings beswyk. Hy is dood op die toneel verklaar,” het Meiring gesê.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.




