Local newsNewsNews

Skenkings help Ikageng inwoners met groot waternood

Beurtkrag speel ook ‘n beduidende rol in hierdie waterkrisis en die insameling van water sal aanhou in hierdie tydperk van waternood

Die waterkrisis wat Ikageng ervaar kry tans verligting danksy die Potchefstroom gemeenskap se waterskenkings.

Gistermiddag (Maandag, 19 September) kon DA Wyk 4 raadslid, Johan Zerwick, ‘n sleepwa met 5 liter bottels drinkwater na Ikageng toe neem.

Beurtkrag speel ook ‘n beduidende rol in hierdie waterkrisis en die insameling van water sal aanhou in hierdie tydperk van waternood.

DA raadslid in wyk 4, Johan Zerwick, het water in Ikageng gistermiddag gaan aflewer. Foto: Verskaf

Water kan by die volgende afleweringspunte tussen 08:00-16:00 vandag afgelewer word:

Pick ‘n Pay van der Hoff Park

Heinricha Hodgson Inc (140 Peter Mokabastraat)

99 Kockstraat

5 Kruisstraat

Inwoners kan ook leë houers aflewer by hierdie punte.

Met betrekking tot die waterdruk rakende die Vyfhoek reservoir word inwoners steeds gevra om spaarsamig met water te werk aangesien beurtkrag die invloei van water in hierdie reservoir steeds belemmer.

“Danksy die kragonderbrekings waarmee ons geteister word, is die uitvloei uit die reservoirs weer vinniger as die invloei, aangesien die kragopwekkers nie dieselfde uitsette lewer as wat met Eskom-krag die geval is nie,” het VF+ raadslid, Ian de Villiers, genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button