Local newsNews
Vrou per helikopter hospitaal toe vervoer na ernstige motorongeluk
Hierdie ongeluk het ongeveer 20 kilometer buite Potchefstroom op die Paryspad plaasgevind.

Daar het vanoggend (Dinsdag, 20 September) omstreeks 10:10 ‘n ernstige motorongeluk op die Paryspad (R53) plaasgevind waartydens een vrou na ‘n hospitaal in Alberton per helikopter afgevoer is.
Die ander inisttende, ook ‘n vrou, is per ER24 ambulans na ‘n hospitaal in Potch vervoer. Rocker HEMS se nooddienste het die ander vrou per helikopter weens haar ernstige beserings na die hospitaal gevlieg.
Hierdie ongeluk het ongeveer 20 kilometer buite Potchefstroom op die Paryspad plaasgevind.
Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor waarna die motor gerol het.
Mooirivier Beskerming First Responder, ER24, en Rocket HEMS was op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.