Local newsNews

Vrou per helikopter hospitaal toe vervoer na ernstige motorongeluk

Hierdie ongeluk het ongeveer 20 kilometer buite Potchefstroom op die Paryspad plaasgevind. 

Daar het vanoggend (Dinsdag, 20 September) omstreeks 10:10 ‘n ernstige motorongeluk op die Paryspad (R53) plaasgevind waartydens een vrou na ‘n hospitaal in Alberton per helikopter afgevoer is.
Die ander inisttende, ook ‘n vrou, is per ER24 ambulans na ‘n hospitaal in Potch vervoer. Rocker HEMS se nooddienste het die ander vrou per helikopter weens haar ernstige beserings na die hospitaal gevlieg.
Hierdie ongeluk het ongeveer 20 kilometer buite Potchefstroom op die Paryspad plaasgevind.
Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor waarna die motor gerol het.
Mooirivier Beskerming First Responder, ER24, en Rocket HEMS was op die toneel.
Die helikopter wat die een vrou na ‘n hospitaal in Alberton vervoer het na die motorongeluk op die Paryspad (R53). Foto: Mooirivier Beskerming/Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button