SJGD laat Vyfhoek leerders glimlag
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se nuutverkose SJGD-span het Woensdag, 14 September ‘n uitreik by Laerskool Vyfhoek gehad waar hulle die leerders groot glimlagte op hulle gesigte gegee het.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se nuutverkose SJGD-span het Woensdag, 14 September ‘n uitreik by Laerskool Vyfhoek gehad waar hulle die leerders groot glimlagte op hulle gesigte gegee het.
Die studente van die SJGD het saam met die NWU se amptelike gelukbringers, Eagi en Pukki, vir elke personeellid en leerder ‘n swart NWU pet uitgedeel, terwyl die kinders ook lekkergoedpakkies en suigstokkies gekry het.
Natuurlik was die drukkies ook volop op die dag toe die studente tyd afgestaan het om met al die kinders vir so ongeveer twee ure te speel en pret te hê.
Dit is nou al ‘n maand sedert die tragiese trokongeluk wat die lewens van vyf leerders by Vyfhoek geneem het.
“My hart was vervul om al die kinders se glimlagte te sien. Die uitreik was ‘n manier om hulle gelukkig en opgewonde te kon maak,” noem Mercy Tau, SJGD voorsitter.