Local newsNewsNews

Groot botsing op hoek van Kock-en Grimbeekstrate

Een persoon is met matige beserings per ambulans na die hospitaal geneem

Een persoon is met matige beserings per ambulans na die hospitaal geneem nadat twee motorvoertuie teen mekaar gebots het op die hoek van Kock en Grimbeekstrate vanmiddag (Donderdag, 10 November).

Die ongeluk het omstreeks 15:39 plaasgevind. Verdere besonderhede oor hoe die ongeluk gebeur het is nog onduidelik. Een van die voertuie het weens die impak van hierdie botsing gerol en op die kant van die sypadjie tot stilstand gekom.

ER24, Provinsiale Nooddienste, Mooirivier First Responder en NWU se nood mediese diens was op die toneel.

Foto’s: Aldus Smith

Die toneel op die hoek van Kock-en Grimbeekstrate. Een persoon is met matige beserings na die hospitaal vervoer.
Die toneel op die hoek van Kock-en Grimbeekstrate. Een persoon is met matige beserings na die hospitaal vervoer.
Die twee motorvoertuie wat in die ongeluk betrokke was. Foto: Aldus Smith.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button