Local newsNewsNews

Volkies maak staat op sonkrag

Volgens die skool is die doel van die sonpanele om eerstens 'n besparing op hul kragrekening te genereer, en dan ook om selfonderhoudend ten opsigte van elektriseit te wees.

Hoër Volkskool Potchefstroom het onder die leiding van die huidige beheerliggaam, besluit om nog meer toekomsgerig en koste-effektief te raak, veral met beurtkrag wat ‘n groot invloed tans het.

Die skool en koshuise het sodoende 257 sonpanele laat installeer danksy Einstein Elektriese Ingenieurs en Motla Konsulterende Ingenieurs. Volgens die skool is die doel van die sonpanele om eerstens ‘n besparing op hul kragrekening te genereer, en dan ook om selfonderhoudend ten opsigte van elektriseit te wees.

Van links na regs is Henlu du Preez, BL-terrein en geboue, wat die projek bestuur het, meneer Terry Nicholenas (skoolhoof), mevrou Magriet Pyper (koshuishoof van Ons Hoop-dogterskoshuis), Ivan Leach van Einstein en Martin van Aswegen van Motla.

Die sonpanele is amptelik in gebruik geneem op 7 November, toe die betrokke partye inligting met die skool kom deel het. Volkies noem dat hulle daarna uitsien om hierdie groot projek se effek te beleef.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button