Local newsNewsNews

Aardklop se datums in Potch vir 2023 vasgemaak

“Dit is met groot opwinding dat ons kan aankondig dat Aardklop weereens ‘n langtermyn-ooreenkoms met Die NWU Potchefstroomkampus kon sluit, en dat vakansiedatums uiteindelik weer mooi saamspeel”.

Aardklop is in 2023 weer terug in Potchefstroom vanaf 3-8 Oktober.

Hierdie aankondiging is gisteraand op Vrydag, 25 November by Aardklop se Hartsvriende toekenningsfunksie in Centurion by Momentum se hoofkantoor gemaak.

Alexa Strachan, uitvoerende hoof van die fees, het Vrydagaand by dié samekoms ondersteun deur NATi, aangebied in samewerking met Aardklop se naamborg Momentum Beleggings, gesê dat dié toekenningsaand ‘n viering is van die topgehalte werk en produksies by vanjaar se Aardklop

“Die 2022 opwipfeeste in Potchefstroom, Johannesburg en Pretoria was ambisieus. Van die kunstenaars, tegnici en feesgangers moes behoorlik kophou van wanneer hulle waar moes wees”.

Die drie feeste se programaanbiedinge het verskil, met slegs die gewilde Laerskool Noord wat by al drie aangebied is.

Volgens Strachan was die programme kleiner, met die fokus op gehalte aanbiedinge.

Die volgende toekennings is gemaak:

  • Beste prestasie in klassieke musiek: Charl du Plessis vir Aardklop Aubade, wat sedert November 2020 by die Afrikaanse Hoër Seunskool aangebied word.
  • Beste spel in ’n hoofrol: Anna-Mart van der Merwe, vir Terminaal 3
  • Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie: Nataniël, vir Die Smitstraat Suite
  • Beste regie: Marthinus Basson vir Terminaal 3
  • Beste produksie: Mixtape van die liefde
  • Grensverskuiwende werk: Nataniël – Die Smitstraat Suite

“Dit is met groot opwinding dat ons kan aankondig dat Aardklop weereens ‘n langtermyn-ooreenkoms met Die NWU Potchefstroomkampus kon sluit, en dat vakansiedatums uiteindelik weer mooi saamspeel”.

Aardklop het in 2022 weer na Potchefstroom teruggekeer met gemengde reaksie van die publiek. Foto: Wouter Pienaar.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button