Local newsNewsNews

Inwoners gevra om drinkwater te kook

Volgens die JB Marks munisipaliteit lei hierdie ineenstorting van die chloorstelsel tot mikrobiologiese probleme.

Die JB Marks Munisipaliteit maan inwoners op die Bult en Potchefstroom Dam-areas om eerder hul drinkwater te kook aangesien daar tans ‘n ineenstorting van die chloorsisteem by die Ou Potchefstroom Waterbehandelingswerke is.

Volgens die JB Marks munisipaliteit lei hierdie ineenstorting van die chloorstelsel by die aanleg tot mikrobiologiese probleme.

“Spesialiste is tans op die terrein om die situasie te diagnoseer en te assesseer. Die herstelwerk aan die chloorstelsel sal Maandag, 28 November begin,” het die munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite in ‘n persverklaring bevestig.

Tshite noem ook dat inwoners op die Bult en Potchefstroom Dam areas as ‘n voorsorgmaatreël eerder water moet kook aangesien die standaarde rakende die suiwerheid van die water nie gewaarborg kan word nie.

“Ons wil graag inwoners regdeur die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit verseker van ons voortdurende verbintenis om kwaliteit, veilige water te verskaf wat aan relevante wetgewing voldoen,” het Tshite beklemtoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button