Local newsNewsNews

Potchefstromers kan weer in munisipale swembad baljaar

Die swembad is amptelik op Donderdag, 24 November oopgemaak.

Die Potchefstroomse munisipale swembad in Beyers Naudélaan is vir die eerste keer in amper drie jaar weer vir die publiek oop.

Die swembad is amptelik op Donderdag, 24 November oopgemaak met die waarnemende direkteur van parke, Thomas Muswede, en DA wyksraadslid, Madra de Bruin wat die openingsgeleentheid bygewoon het.

Potchefstromers kan nou weer baljaar en afkoel in die somermaande en Desembervakansie wat om die draai is.

Die publieke swembad in Beyers Naudelaan is weer oop vir Potchefstroom nadat dit 3 jaar gesluit is. Hier is Mdra de Bruin (DA wyksraadlid) sowel as Thomas Muswede (waarenemende direkteur van parke: JB Marks Munisipaliteit) sowel as lewensredders van die munisipale swembad. Foto: Verskaf

Die munisipaliteit het verlede week verduidelik dat daar beplan word om al die munisipale swembaddens teen 1 Desember operasioneel te hê.

Volgens die DA in die JB Marks Munisipaliteit is die heropening van die Potchefstroomse openbare swembad ‘n stap in die regte rigting, veral aangesien hierdie openbare fasiliteit in ‘n bedenklike toestand was.

Die munisipale swembad is weer in ‘n goeie toestand danksy harde werk van verskeie rolspelers.

“Die DA het verskeie toesighoudende inspeksies gedoen net om vas te stel dat instandhouding ook opgeskort is, wat tot krake, lekkasies en wanfunksionele pompe gelei het. Die DA het in samewerking met die Potchefstroom Onderwaterhokkieklub saamgewerk om toe te sien dat die munisipaliteit die swembad dreineer, die krake herstel, die swembad hervul, foutiewe swembadpompe vervang en die ablusiegeriewe betyds vir die Desembervakansie diens,” het wyksraadslid, Madra de Bruin in ‘n persverklaring genoem.

Lewensredders is ook weer amptelik aangestel is om die veiligheid van swemmers te verseker.

Die swembad is oop vir somerswempret van Dinsdae tot Sondae vanaf 10:00 tot 18:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button