Tokkies se top presteerders kry erkenning
Daniël van Romburgh is as die Tokkie van die Jaar aangewys en met die Ruben Jacobs wisseltrofee weggestap
Laerskool Mooirivier het verlede maand hulle top leerders in 2022 tydens hulle erkenningsfunksie vereer. Hierdie toekennings het op die gebiede van akademie, kultuur en sport plaasgevind.
Daniël van Romburgh is as die Tokkie van die Jaar aangewys en met die Ruben Jacobs wisseltrofee weggestap. Die Duxleerder (beste akademiese prestasie in graad 7) is aan Nico Smit toegeken.
Van Romburgh is ook as die senior sportseun van die jaar benoem met Jahnie van Zyl wat as sportdogter van die jaar aangewys is.
Elri van Vuuren (graad 7) en Pieter Kruger (graad 7) is albei as die top presteerders in kultuur aangewys.
Sport:
Die atletiektrofee vir die beste junior dogters: Skye Taute.
Die atletiektrofee vir die beste junior seuns: Declan Taute.
Die landlooptrofee vir die beste junior dogters: Maia Moodie.
Die landlooptrofee vir die beste junior seuns: Dawid van der Linde.
Die swemtrofee vir die beste junior dogters: Skye Taute.
Die atletiektrofee vir die beste senior seuns: Ethan Fourie.
Die atletiektrofee vir die beste senior dogters: 2 dogters, nl. Alrike Hattingh en Dianie du Preez.
Die Gholftrofee vir beste prestasie: Juvan Botes.
Die landlooptrofee vir die beste senior dogters: Alrike Hattingh.
Die landlooptrofee vir die beste senior seuns: Tedrich Hattingh.
Die swemtrofee vir die beste junior seuns: Stéphan Terblanche.
Die tennistrofee vir die beste seuns: Juvan van Pletzen.
Die hokkietrofee vir die beste dogters: Jahnie van Zyl.
Die hokkietrofee vir die beste seuns: Ulrich Both.
Die kriekettrofee: 3 seuns, nl. Ulrich Botha, Schalk Coetzee en Ruhann Steenkamp.
Die netbaltrofee: 2 dogters, nl. Deané Enslin en Lizé van Zyl.
Die rugbytrofee: Durand du Plooy.
Die skaaktrofee: Heinrich Fouché.
Die swemtrofee vir die beste senior dogters: Inneke Liebenberg.
Die swemtrofee vir die beste senior seuns: Egbert Palmer.
Die tennistrofee vir die beste dogters: Jahnie van Zyl.
Die tweekamptrofee vir die beste dogters: Inneke Liebenberg.
Die tweekamptrofee vir die beste seuns: Egbert Palmer.
Akademie
Graad 1 Top 5 Lesers: Fredrich Liebenberg, Mia le Roux, Kara Vorster, Kegan Peterson en SJ Freysen.
Graad 2 Top 5 Lesers: Dean Kriek, Barend Wentink, Albert van Zyl, Lisa Kotzé en Tineke Coetzee.
Graad 3 Top 5 Lesers: Emma Cronje, Christian Robinson, Dané de Kock, Karli Wolff en Milah van der Merwe.
Die Beste akademiese presteerder in Gr. 4: Christiaan Liebenberg.
Die Beste akademiese presteerder in Gr. 5: Handré Kemp.
Die Beste akademiese presteerder in Gr. 6: Inneke Liebenberg.
Die volgende leerders het vanaf gr.4 tot en met gr.7 akademiese prestasie bo 85% behaal: Hulle is:
Schalk Coetzee, Linette Hartman, Ronél Hartman, Pieter Kruger, Annabel Odendaal, Heinrich Raubenheimer, Willem Retief, Tiaan Slabbert, Nico Smit, Ruhann Steenkamp, Daniël van Romburgh, Elri van Vuuren, Karien van Wyk en Jahnie van Zyl.
Vakprestasies in graad 7:
Die Beste akademiese prestasie in Afrikaans en Engels: Linette Hartman.
Die Beste akademiese prestasie in Wiskunde: Pieter Kruger.
Die Beste akademiese prestasie in Lewensoriëntering: Jahnie van Zyl.
Die Beste akademiese prestasie in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Kuns en Kultuur: Daniël van Romburgh.
Die Beste akademiese prestasie in Natuurwetenskap, Tegnologie enSosiale Wetenskap asook duxleerder: Nico Smit.

Kultuur:
Die beste graad 2 redenaar: Zion Fouché.
Die beste graad 3 redenaar: Christian Robinson.
Die beste graad 4 redenaar: Christiaan Liebenberg.
Die beste graad 5 redenaar: Ariëlle van Deventer.
Die beste graad 6 redenaar: Inneke Liebenberg.
Die beste graad 7 redenaar: Pieter Kruger.
Veelsydige Super 12 Deelname:
Alrike Hattingh, Stéphan Terblanche, Christiaan Liebenberg, Emilie Burger, Annabelle van Zyl, Juvan Botes, Juvan van Pletzen, Louis van der Linde, Ethan Fourie, Inneke Liebenberg, Zander van Niekerk, Daniël van Romburgh en Liam Coetzee.
Graad 7 Toekennings:
100% skoolbesoek vir 7 jaar: Jean-Pierre van Straaten, Deoné Borstlap, Ivanka Greeff en Simoné van der Linde
Rotarier 4-ledige toets boekprys: Tlami Moretsi.
Die Talisman Wisseltrofee vir diensbaarheid: Hailey Stevens.
Die Tokkie Aanhouer Wen-trofee: Nicolene Lindeque.
Die leierskaptrofee dogter: Jahnie van Zyl.
Die leierskaptrofee seun: Pieter Kruger.
Die sport-trofee vir die sportdogter van die jaar: Jahnie van Zyl.
Die sport-trofee vir die sportseun van die jaar: Daniël van Romburgh.
Die kultuurtrofee vir die kultuurdogter: Elri van Vuuren.
Die kultuurtrofee vir die kultuurseun: Pieter Kruger.
































