Local newsNewsNews
Vrou verloor beheer oor motor op Mohadin-pad
Die bestuurder moes uit die voertuig met reddingskake gesny word.
Daar was gisteroggend (Saterdag, 10 Desember) ‘n motorongeluk op die Mohadin-pad, waar ‘n vrou vermoedelik haar voertuig gerol het. Sy is met beserings na Potchefstroom Hospitaal vervoer.
Haar voertuig, wat op sy dak gestaan het, was die enigste een wat betrokke was in die ongeluk.

Sy moes uit die voertuig met reddingskake gesny word.
ER24 het haar per ambulans na die hospitaal vervoer. Mooirivier Beskerming First Responder was ook op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



