Motorfietsongeluk eis geliefde ysterman se lewe
'n Geliefde pa is die afgelope naweek in die intensiewe sorgeenheid oorlede, nadat hy Saterdag, 3 Desember in ‘n ernstige motorfietsongeluk op die Mooibank-pad betrokke was.
‘n Geliefde pa is die afgelope naweek dood nadat hy Saterdag, 3 Desember in ‘n ernstige motorfietsongeluk op die Mooi-bank-pad betrokke was.
Louis Jacobus “Boet” Smit (64) is danksy die spoedige reaksie van bystanders, Kobus Britz en Chrissie Steyn, geresussiteer toe hy eers nie ‘n polsslag gehad het nie. Sy polsslag is herwin en paramedici van ER24 en Mooirivier First Responder het hom daarna gestabiliseer.
Hy is met die ER24 ambulans na Potchefstroom Hospitaal vervoer.

Boet was vir ‘n week in die intensiewe sorgeenheid in ‘n koma, maar kon nie van sy beserings herstel nie en is Saterdag, 10 Desember oorlede.

motorfietsry gehad.

Saterdag, 3 Desember in
‘n motorfietsongeluk was.
Boet se groot liefdes was motorfietsry, visvang en jag. Hy was vir sy kinders en familie ‘n superheld en iemand waarop hulle kon staatmaak. Hy het vir sowat 49 jaar in Potchefstroom gewoon en het ‘n staalwerkmaatskappy, Boet Smit Staalwerke, besit.
Sy dogter Vicky, noem dat haar pa ‘n steunpilaar was en dat hulle hom ontsettend mis.
“Hy het drukkies en soentjies met soveel liefde gegee. Sy werk was sy trots en sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Met sy klein hartjie het hy so baie mense aangeraak en soveel mense was lief vir hom. Ons Dadda was beslis enig in sy soort. Ons sal hom vir altyd en ewig mis.”
* Boet se begrafnisdiens vind Donderdag, 15 Desember vanuit die AGS Miederpark om 09:00 plaas.




