Slaggate vermeerder daagliks en veroorsaak veiligheidsrisiko
Groot slaggate kan veral 'n probleem raak indien dit vol water is of dit te donker is om op te merk.
Slaggate is vir Potchefstromers steeds ‘n baie groot probleem en dit word by die dag net erger.
Veral in Govan Mbeki-laan by die voetganger kruising tussen die Riverwalk Inkopiesentrum en die Mooirivier Mall is daar ‘n groot slaggat wat problematies is.
Foto’s: Wouter Pienaar
In dieselfde straat in die rigting van die Potchefstroom Buiteklub is daar ook ‘n klomp slaggate wat motoriste daagliks moet probeer vermy. Nog slaggate nader aan die kruising van Govan Mbeki- en Chief Albert Luthuli-rylaan, sowel as Govan Mbeki- en James Moroka-rylaan is ook stelselmatig besig om vir padgebruikers ‘n veiligheidsrisiko te word.
JB Marks Munisipaliteit woordvoerder, Jeanette Tshite noem dat die munisipaliteit van die slaggate
bewus is en hard werk om dit te herstel.

“Die verkryging van diensverskaffers vir die geaffekteerder areas is aan die gang en in ‘n gevorderde
stadium.
Dit sluit in die skoonmaak van kanale en skraap van die teer. Die huidige weersomstandighede veroorsaak ook vertragings in die herstel van die paaie,” noem sy.








