Local newsNewsNews

Country is in hierdie Potchefstromer se bloed

'n Bekende in Country-musiek in Potchefstroom, Rick Blaze, het in November ‘n uitsonderlike toekenning ingepalm vir die “Oorspronklike Gospel Country liedjie van die jaar” by die SACMAF (South African Country Music Artist Foundation) toekennings.

‘n Bekende in Country-musiek in Potchefstroom, Rick Blaze, het in November ‘n uitsonderlike toekenning ingepalm vir die “Oorspronklike Gospel Country liedjie van die jaar” by die SACMAF (South African Country Music Artist Foundation) toekennings.

Blaze het dit vir sy lied “Let Our Worship Begin” gewen en is ‘n bewys dat hierdie talentvolle musikant
beslis weet hoe om treffers te skryf wat die hart en siel raak.

“Dit beteken vir my baie. Ek het nie gedink dat ek die toekenning sou ontvang nie,” noem Blaze.

“Daar was talle kunstenaars betrokke en ook groot name soos Fanie de Jager, Karlien Husselman en nog meer. ‘n Hele paar hardwerkende kunstenaars het die aand toekennings gekry,” brei hy verder
uit.

Blaze is nou al vir die afgelope 15 jaar in Potchefstroom waar hy al by verskeie plekke opgetree het en ook
die musiek vir troues verskaf met sy sielvolle country-stem.

Hy het aanvanklik in 2005 alreeds sy ster laat skitter toe hy die Starsearch-kompetisie in Klerksdorp
gewen het.

Hy is ook al ongeveer 20 jaar in die musiekbedryf en het al liedjies soos “Country Heart” en “Born to Ride” uitgereik.

“Country Musiek was nog altyd ‘n inspirasie vir my, omdat dit musiek is wat uit die hart uitkom. Musiek
speel ‘n groot rol in my lewe. Sonder musiek dink ek die wêreld sal ‘n leë plek wees. Ek hou van dit om
my eie liedjies te skryf en myself as kunstenaar uit te beeld, en nie net
byvoorbeeld “covers” te doen nie,” noem Blaze.

Hierdie country kunstenaar glo ooksy sukses grootliks te doen het met sy geloof in God en dat nederigheid hom ver dra.
“Kritiek is ook belangrik want kritiek help jou om jou loopbaan op te bou,” meen hy.

“Ek wil net dankie sê aan SACMAF vir die erkening, die Herald vir die
onderhoud en ook aan ons Vader vir al die eer en sëeninge.”

Rick Blaze se enkelsnit, Let Our Worship Begin, is op Youtube Music, Spotify en alle groot handelplatforms beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button