Local newsNewsNews

Riool vloei in vlei in

Met die Herald se besoek by die spesifieke area kon daar ‘n sterk reuk van riool opgemerk word. Daar was ook duidelike areas waar die riool nog saam met die grond gemeng het.

Riool wat in die vlei in Kanaalstraat in Vanderhoffpark gepomp word, los ‘n stank by talle inwoners.

In Desember het ‘n kontrakteur die rioolstelsel leeggepomp in die vlei. Die riool vloei dan oor die kanaal, wat verskeie gesondheidsrisiko’s inhou en ook in diere se drinkwater beland.

Met die Herald se besoek by die spesifieke area kon daar ‘n sterk reuk van riool opgemerk word. Daar was ook duidelike areas waar die riool nog saam met die grond gemeng het.
Volgens VF Plus raadslid in J.B. Marks, mnr. Ian de Villiers, is hierdie spesifieke rioolprobleem al vir ongeveer vyf maande ‘n probleem.

“Die riool raak‘n groter probleem wanneer dit reën. Wat die probleem vererger, is dat baie mense se reënwater in die riooldrein afloop, in plaas daarvan dat dit gekanaliseer word en in die stormwaterdreine beland. Dit is belangrik om ‘n bewustheid by mense te skep oor hierdie probleem,” noem hy.

Volgens De Villiers is hy tans besig om ook aan ‘n inisiatief te werk sodat inwoners sal seker maak dat hulle reënwater in die stormwaterdrein kanaliseer in stede van die rioolsisteem, wat alreeds verouderd is.

“Dit sal nie die probleem heeltemal oplos nie, maar dit sal sake makliker maak,” meen hy.

  • Die Herald het verlede week (Woensdag,11 Januarie) die J.B. Marks Munisipaliteit vir kommentaar gevra. Daar is sedertdien nog nie terugvoer gegee nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button