Local newsNewsNews

VF Plus versoek dat munisipaliteit se aansuiweringsbegroting aangepas word

“Die VF Plus het versoek dat die aansuiweringsbegroting terugverwys word en aangepas word met realistiese syfers vir goedkeuring deur die raad teen einde Februarie.”

Tydens die eerste algemene raadsvergadering van die J.B. Marks Munisipaliteit van 2023 op Dinsdag, 31 Januarie is die halfjaarlikse bestedingsverslag en aansuiweringsbegroting in die munisipale raad ter tafel gelê vir goedkeuring.

Daar is reeds tydens die 2022 begrotingsproses van die J.B. Marks munisipaliteit verskeie onreëlmatighede uitgewys en daarop gewys dat die begroting onbefonds sou wees.

Volgens Thys Rossouw, VF Plus raadslid van J.B. Marks, is hulle voorspelling oor die onbefondse begroting ‘n realiteit.

“Van ‘n beoogde besteding van R150 miljoen se munisipale fondse aan verbeterings vir die finansiële jaar tot dusver, kon net R46 miljoen bestee word weens ‘n gebrek aan kontantvloei. Hierdie situasie word ook belig deur die feit dat daar tot op hede slegs 21% van die beskikbare fondse van die regering se voorwaardelike toelae vir die opgradering en herstel van munisipale infrastruktuur bestee is,” verduidelik Rossouw.

Die VF Plus het ook in die raad beklemtoon dat dienslewering in Potchefstroom en Ventersdorp steeds agteruitgaan onder die leiding van die ANC-beheerde munisipaliteit.

“Die VF Plus het versoek dat die aansuiweringsbegroting terugverwys word en aangepas word met realistiese syfers vir goedkeuring deur die raad teen einde Februarie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button