Bedrogsaak rakende boedel weer uitgestel
Een van die redes hiervoor is vir dossierafskrifte om aan die beskuldigdes oorhandig te word.

Twee Potchefstromers, Wilhelmina Dawkins (64) en Kobus van Deventer (66), het Maandag, 13 Februarie vir die tweede keer op agt aanklagte van bedrog in die streekhof in Pretoria verskyn.
NW polisiewoordvoerder, kapt. Sam Tselenyane noem dat Dawkins na bewering ‘n vals aansoek by die Meester van die Hooggeregshof tussen 1 Junie 2020 – 6 Julie 2000 ingedien het om as eksekutrise van haar oorlede man, mnr. André Dawkins, se boedel aangestel te word.

Die saak het in hof 4 van die streekhof voorgekom, en is weer tot Maandag, 27 Maart uitgestel.
Die rede hiervoor is vir dossierafskrifte om aan die beskuldigdes oorhandig te word, sowel as vir Van Deventer om te besluit of hy ‘n prokureur wil aanstel, regshulp wil verkry, of sy eie saak te behartig.
Die Potchefstroomse prokureur, Deon van Staden, is een van klaers in hierdie saak.




