Local newsNewsNews

Inwoners omgekrap na burgemeester nie vir vergadering opdaag nie

JB Marks se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir (2022-2027) sou tussen die relevante raadslede, inwoners en besigheidseienaars in wyke 2,3,4,5, 7, 15, 22, 23, 24, 25 en 28 bespreek word.

Die uitvoerende burgemeester van die J.B. Marks Munisipaliteit, Gaba Ka Qhele, het nie gisteraand (Woensdag, 15 Februarie) vir ‘n belangrike Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vergadering by die Madiba Banketsaal opgedaag nie.

Sodoende kon die vergadering wat vir 17:00 gereël was, nie plaasvind nie. Dit is omrede die burgemeester as voorsittende beampte moes optree.

J.B. Marks se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir (2022-2027) sou tussen die relevante raadslede, inwoners en besigheidseienaars in wyke 2,3,4,5, 7, 15, 22, 23, 24, 25 en 28 bespreek word.

Lede van die publiek wat bygewoon het was duidelik kwaad en het gevoel dat hulle gedisrespekteer word nadat die vergadering nie plaasgevind het nie.

Dit is nog onduidelik hoekom die burgemeester nie opgedaag het nie. Die Herald het navraag aan die munisipaliteit hieroor gestuur, maar nog nie terugvoer ontvang nie.

‘n Nuwe datum vir hierdie belangrike vergadering sal nog bepaal word.

Die dak van die Madiba Banketsaal het ook gelek met die harde reën wat geval het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button