Local newsNewsNews

Verkeerbeheer tydens beurtkrag op N12 ingestel

Die verkeersdepartement in die JB Marks plaaslike munisipaliteit het op Woensdag, 15 Februarie, ingestem om verkeerbeheer tydens beurtkrag op die N12-hoofweg in Potchefstroom in te stel.

Die verkeersdepartement in die JB Marks plaaslike munisipaliteit het op Woensdag, 15 Februarie, ingestem om verkeerbeheer tydens beurtkrag op die N12-hoofweg in Potchefstroom in te stel.

Hierdie besluit is tydens ʼn vergadering van die munisipaliteit se komitee vir gemeenskapsveiligheid gemaak.

Dit volg na volgehoue druk van die Vryheidsfront Plus, sowel verskeie belanghebbendes en die publiek wat al vir ‘n geruime tyd ongelukkig is oor die gebrek van verkeersbeheer.

Die N12 by die besige kruising van Beyers Naude-rylaan. Foto: Wouter Pienaar.

Tydens beurtkrag lei die groot hoeveelheid verkeer op die N12 telkens tot groot verkeersknope en gepaardgaande frustrasie onder padgebruikers wanneer die verkeersligte buite werking is.

Volgens die Vryheidsfront Plus het die munisipaliteit voorheen deurlopend aangevoer dat daar onvoldoende mannekrag beskikbaar is om personeel op puntdiens op hierdie hoofroete te ontplooi.

Matthys van Tonder, Vryheidsfront Plus raadslid in die JB Marks Munisipaiteit, noem dat die daar tydens die vergadering uitgewys is dat die munisipaliteit alreeds verkeersreserviste opgelei het, maar nog nie aangewend het nie. Hulle gaan nou vir verkeerbeheer op die N12 gebruik word.

“Die VF Plus sal verder daarop aandring dat die opleiding en ontplooiing van reserviste in die toekoms ook fokus op werkskepping onder die jeug. Dit sal nie net bydra tot padveiligheid nie, maar ook jeugontwikkeling in die algemeen,” verduidelik hy.

Vyf sleutelpunte vir verkeersbeheer tydens beurtkrag is geïdentifiseer.

“Dit is die kruisings by Parys-, Govan Mbeki-, Walter Sisulu-, Peter Mokaba- en Beyers Naude-rylane,” noem Van Tonder.

*Die Herald het Vrydag (17 Februarie) vir die JB Marks Munisipaliteit vir kommentaar genader maar nog nie terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button