SportSport

Luiperds steier teen Olifante

Dit is darem nog vroeg genoeg dat dit nie 'n uitklophou is nie, maar hulle het gesteier. 

Die Luiperds het in Saterdag se kragmeting met die OP Olifante ‘n hou gevat. Dit is darem nog vroeg genoeg dat dit nie ‘n uitklophou is nie, maar hulle het gesteier.

Op ‘n modderige Olënpark kon die Luiperds ‘n tweede helfte terugveg poging loods maar die skade was reeds te erg, sodoende het hulle met 30 – 16 verloor.

Die omstandighede was glad nie vir hardlooprugby bevorderlik nie. Die veld het meer na iets uit ‘n Eerstewêreldoorlog, loopgraaf gelyk. Tog was dit die OP wat die omstandighede beter hanteer het. Die Luiperds, het veral in die lynstane gesukkel. As jy nie goeie besit van jou aanvallende platforms kry nie, gaan dit ‘n lang dag op kantoor wees.

Benewens die sukkelende lynstane kon die Luiperds ‘n paar keer beter besluite op die aanval gemaak het. Veral in die laaste kwart het die Luiperds hard gewerk om in die OP se kwartgebied in te kom. Hulle sal goed doen om die oorhand te kry met baie meer aanvallers aan een kant en dan na die ander kant speel of die bal word dan nie vinnig genoeg deur die hande gespeel nie. Wanneer mens die telbord jaag dan sal daar sulke besluit foute geneem word.

Die telling was tot laat in die wedstryd nog 30 – 6 en die Noordwesters moet geloof word vir hulle houding van nooit opgee nie. Op die einde van die dag het dit gelyk of die Luiperds hulle eie grootste vyand was. Dissipline het te kort geskiet met te veel strafskoppe wat afgestaan is.

Die Luiperds gaan Saterdag, 25 Februarie, George toe reis waar hulle, die SWD Arende gaan aanvat. Eric Herbert se troepe sal skerper wees vir diè stryd.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button