Local newsNewsNews

Inwoners trek aan die kortste ent van die tou met slaggate

Sedert Oktober 2022 sukkel inwoners in Kortstraat, Miederpark met ‘n slaggat en gepaardgaande waterlek.

Sedert Oktober 2022 sukkel inwoners in Kortstraat, Miederpark met ‘n slaggat en gepaardgaande waterlek.

Hierdie slaggat is al telkemale gerapporteer, maar steeds bly dit ‘n wesenlike problem aangesien motoriste gedurig deur die diep slaggat ry en dan die waterleidingstelsels beskadig.

Inwoners was sodoende ook al sonder water en het as ‘n tydelike oplossing besluit om die gat met takke en blare te vul sodat motoriste eerder om die gat moet ry.

VF Plus raadslid, Ian de Villiers, noem aan die Herald dat die pyp al een keer herstel is in Januarie, maar dat daar weer ‘n lek ontstaan het omdat die waterleidingstelsels verouderd is.

“Dit gebeur dikwels dat lekke ontspring direk langs die plek waar die pyp die vorige dag herstel is. Ek het ook al aan die munisipaliteit voorgestel dat wanneer lekke ontstaan, die hele lengte vervang word, want instandhouding op so ‘n ou stelsel is bitter duur,” noem De Villiers.

Die JB Marks Munisipaliteit het in die 2021/22 boekjaar volgens die verslag van die ouditeur-generaal slegs 3 persent van die begrote 8 persent vir kapitaalbesteding en onderhoud aangewend.

* Die Herald het die J.B .Marks Munisipaliteit vir kommentaar genader, maar teen druktyd geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button