Local newsNewsNews

KSR-sekretaresse bedank na tweede mosie van wantroue teen haar geneem wou word

Die NWU se Kampusstudenteraad (KSR)-sekretaresse, Beàtha Groenewald, het gister (Vrydag, 24 Januarie) uit haar amp bedank ‘n dag nadat sy weer in haar amp herstel is.

Die NWU se Kampusstudenteraad (KSR)-sekretaresse, Beàtha Groenewald, het gister (Vrydag, 24 Januarie) uit haar amp bedank ‘n dag nadat sy weer in haar amp herstel is.

Dit nadat die KSR-voorsitter van die NWU Potchefstroomkampus, Yikumba Andreas, ‘n e-pos aan sy mede KSR-lede uitgereik het waar daar ‘n spesiale vergadering vandag (Saterdag, 25 Februarie) sou plaasvind om ‘n tweede mosie van wantroue teen Groenewald in te stel.

Andreas noem dat daar ‘n gebrek aan vertroue in die KSR sou wees as Groenewald steeds in haar amp gedien het en daarom is daar weer ‘n mosie van wantroue geroep. Dit is weens die vorige gebeure tydens die eerstejaars verwelkomingfunksie op die Amfiteater waar glo vertroulike inligting aan derde partye uitgelek is.

AfriForum Jeug het beweer dat ras die rede vir die uitsluiging was. Die NWU sowel as Andreas het voorheen genoem dat daar geen rasmotief was nie en kapasiteit die rede vir die uitsluiting was.

Die NWU se KSR voorsitter op die Potchefstroomkampus, Yikumba Andreas.

“As ‘n KSR-lid kan ‘n mens nie na media gaan en die teenoorgestelde sê van wat gebeur het nie. Daar is alreeds ‘n vetrouensbreuk. Die KSR is ‘n staturere liggaam en as ‘n sub-struktuur daarvan het ons ‘n mandaat om ‘n mosie van wantroue te kan neem,” stel Andreas.

Die KSR het vroeër op Donderdag, 23 Februarie ‘n verklaring uitgereik wat noem dat Groenewald se afdanking weens prosedurele foute nie korrek was nie.

“Die eerste noodvergadering op Maandag 13 Februarie was te vinnig geskeduleer. Daar moet ‘n 48 uur kennisgewing gegee word. Die prokureursbrief wat ons ontvang het, het ook dit aangedui en daarom het ons weer vir me. Groenewald herstel soos deur die prokureursbrief vereis is. Ons het daarna besluit om weer ‘n vergadering vir Saterdag (vandag) te skeduleer om die tweede mosie van wantroue te neem,” verduidelik Andreas.

Hy noem dat Groenewald ‘n brief vir hom per e-pos teen ongeveer 16:00 gistermiddag (Vrydag, 24 Februarie) gestuur het waar sy haar bedanking ingedien het.

René van der Vyver, woordvoerder van AfriForum Jeug, voer verder dat die dubbelsinnige boodskappe wat deur die NWU-strukture versprei word, verwarring saai en ‘n vorm van boeliegedrag is.

“Dit wil voorkom asof dit net ’n goedkoop oefening in openbare betrekkinge was. Die NWU-strukture se boeliegedrag is onaanvaarbaar en AfriForum Jeug sal druk volhou tot geregtigheid geskied,” sê René van der Vyver, woordvoerder van AfriForum Jeug.

Andreas stem nie saam met die bewering dat daar boeliegedrag is nie, maar dat die korrekte prosedures gevolg moet word.

“Later hoor ek dat AfriForum noem dat sy geboelie was as gevolg van die mosie van wantroue. Ons volg net die korrekte prosedures en doen wat ons dink beter vir die KSR is. Ek sien nie hoe dit boelie is nie. Dit gaan oor lojaliteit teenoor die KSR en wat goed is vir die kampus en die KSR is,” vertel Andreas.

Beàtha Groenewald, sekretaresse van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus-studenteraad (KSR) het bedank. Foto: AfriForum Jeug.

Groenewald het ook aan die Herald bevestig dat sy bedank het en noem steeds dat daar geen gronde vir haar oorspronklike afdanking was nie. Sy het ook genoem dat dit emosioneel dreinerend is om te hoor dat sy eers herstel is en in dieselfde asem te hoor dat die KSR-voorsitter, Yikumba Andreas, weer ‘n mosie van wantroue teen haar wou roep.

AfriForum Jeug het verder beklemtoon dat hulle vir Groenewald in haar besluit steun en steeds ‘n publieke verskoning van die NWU eis.

“Groenewald bedank omdat sy haarself wil distansieer van die manier waarop die KSR tans funksioneer. Sy voel dat dit teen haar morele waardes indruis en daarbenewens het die aanhoudende teistering en boeliegedrag onuithoudbaar geraak vir haar,” voer Van der Vyfer verder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button