Local newsNewsNews

Inwoners van Kortstraat sit hande en teer bymekaar om slaggate te vul

Vanoggend (Saterdag, 11 Maart) vanaf 07:00 was ‘n groep mans alreeds besig om 22 sakke teermengsel in verskeie slaggate te gooi om dit op te vul.

Na maande se gewag het die inwoners van Kortstraat, Miederpark besluit om self skouer aan die wiel te sit om slaggate in hierdie straat te vul.

Vanoggend (Saterdag, 11 Maart) vanaf 07:00 was ‘n groep mans alreeds besig om 22 sakke teermengsel in verskeie slaggate te gooi om dit op te vul.

Die grootste gat net voor Kortstraat 8 en Klerkstraat 9 was al vir lank ‘n kommerpunt aangesien ‘n waterlek ontstaan het. Die Herald het ook verlede maand hieroor berig, maar die munisipaliteit het wel nog nie die slaggate herstel nie.

Die inwoners, Jaco Mentz, Arno Mouton, Janus Harmse, Louis Geldenhuis, Hennie Kriel, Hennie du Toit, Hendrik van der Berg sy seun, Jorrie van der Berg en Moses (een van die werkers) het as ‘n gedugte span saamgewerk om hierdie gate te vul.

Die inwoners het hierdie inisiatief ook uit hulle eie sakke befonds.

Slaggate is skoongemaak, die teermengsel is ingegooi en ook goed vasgestamp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button