Inwoners van Kortstraat sit hande en teer bymekaar om slaggate te vul
Vanoggend (Saterdag, 11 Maart) vanaf 07:00 was ‘n groep mans alreeds besig om 22 sakke teermengsel in verskeie slaggate te gooi om dit op te vul.

Na maande se gewag het die inwoners van Kortstraat, Miederpark besluit om self skouer aan die wiel te sit om slaggate in hierdie straat te vul.
Vanoggend (Saterdag, 11 Maart) vanaf 07:00 was ‘n groep mans alreeds besig om 22 sakke teermengsel in verskeie slaggate te gooi om dit op te vul.
Die grootste gat net voor Kortstraat 8 en Klerkstraat 9 was al vir lank ‘n kommerpunt aangesien ‘n waterlek ontstaan het. Die Herald het ook verlede maand hieroor berig, maar die munisipaliteit het wel nog nie die slaggate herstel nie.
Die inwoners, Jaco Mentz, Arno Mouton, Janus Harmse, Louis Geldenhuis, Hennie Kriel, Hennie du Toit, Hendrik van der Berg sy seun, Jorrie van der Berg en Moses (een van die werkers) het as ‘n gedugte span saamgewerk om hierdie gate te vul.
Die inwoners het hierdie inisiatief ook uit hulle eie sakke befonds.
Slaggate is skoongemaak, die teermengsel is ingegooi en ook goed vasgestamp.