SportSport

Gimmies se eerste netbalspan wen rillerstryd teen Marais Viljoen

Dit was naelbyt van die eerste fluitjie af met albei skole wat die voortou gedeel het.

In ‘n fantastiese tweestryd het Potchefstroom Gimnasium se eerste netbalspan met durf en ywer vir Hoërskool Marais Viljoen van Alberton met 28-27 vanoggend (Saterdag, 11 Maart) geklop.

Dit was naelbyt van die eerste fluitjie af met albei skole wat die voortou gedeel het. Op die ou einde het Gimmies vasgehou en ‘n wen verseker.

Foto’s: Wouter Pienaar

Louise van der Bank se span het in kritieke oomblikke die regte besluite geneem en as ‘n span saamgespeel.

Juné Roode was puik as doelwagter, terwyl Ashlynn Botha (senter) en Christi-Mari Coetzee (HV) en Isabella Fourie (VV) ook uitstekend op die verdediging was. Op die aanval was Lana Burger en Anika du Plooy ook op goeie vorm. Gimmies het ook twee spelers, Mariné Jacobs en Miandi Fourie, op doel geroteer tydens die wedstryd wat albei deurslagewende rolle gespeel het.

Ander uitslae is as volg:

o.14A: Gimmies wen 19-17

o.14B: Gimmies wen 22-7

o.15A: Gimmies verloor 15-26

o.15B: Gimmies verloor 8-22

o.16A: Gelykop 20-20

o.16B: Gimmies wen 21-14

o.17A: Gimmies wen 24-10

o.17B: Gimmies wen 19-2

o.19B: Gimmies wen 18-17

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button