Borg ‘n Verjaarsdag-projek maak kinders se wense waar
Hulle het vanjaar ‘n “Borg ‘n Verjaarsdag”-projek begin met die doel dat elke kind vanjaar ‘n spesiale present op hulle verjaarsdag kry en dat hulle verjaarsdagwense sodoende waar word.

Vanjaar gaan die kinders van Abraham Kriel Kinderhuis hulle verjaarsdae op ‘n spesiale noot vier danksy die barmhartigheid van Christie Lauwrens en Marius Koekemoer van EB’s Hardeware.
Hulle het vanjaar ‘n “Borg ‘n Verjaarsdag”-projek begin met die doel dat elke kind vanjaar ‘n spesiale present op hulle verjaarsdag kry en dat hulle verjaarsdagwense sodoende waar word.

Lauwrens noem dat hy al voorheen betrokke was by kinderhuise en besluit het om as deel van ‘n projek vanjaar op Abraham Kriel Kinderhuis te fokus.
Elke kind skryf drie wense neer vir hulle verjaarsdag. Die doel van die projek is om hierdie drie wense vir elke kind waar te maak.
Die gemeenskap het alreeds vanjaar betrokke geraak om ook geskenke te borg.
“Baie mense het betrokke geraak. Mense loop in met geskenke en skenkings. Ek kry sommer n knop in my keel. Die vreugde wat dit die kinders bring spreek boekdele! Die doel was om geskenke betyds te bekom en af te laai sodat ‘n kind kan wakker word en voor skool sy geskenke kan oopmaak,” noem Lauwrens.
Daar is alreeds 15 verjaarsdae in April met talle spesiale wense wat hierdie kinders het.
“Ek sou dit nie sonder Marius alleen kon aanpak nie, en vir ‘n jong man om so passievol te wees oor die projek bewonder ek dit wat hy insit,” voer hy verder.

Lauwrens wil ook ander besighede intrek in die projek en noem dat as een besigheid ‘n kind in ‘n maand kan borg om hulle verjaarsdag spesiaal te maak.
Die Lauwrens-familie bedank graag almal wat alreeds ‘n verskil gemaak het.
Vir meer inligting kan Christie of Marius by die winkel by 018 297 1447 gekontak word. Belangstellendes kan ook per WhatsApp (079 893 7113) of per e-pos by ebshardeware@gmail.com navrae rig.
EB’s Hardware se Facebookblad word ook deurlopend opdateer om te wys hoe die projek verloop en wat spesifiek nodig is.