Local newsNewsNews

Genealogiese Genootskap van SA vereer lede tydens galafunksie in Potchefstroom

Die Noordwestak, onder voorsitterskap van Simon du Plooy, het as gasheer opgetree.

Die Algemene Jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van SA (GGSA) het vanjaar vanaf 10-11 Maart 2023 in  Potchefstroom plaasgevind.

Die Noordwestak, onder voorsitterskap van Simon du Plooy, het as gasheer opgetree. Die Genootskap se Nasionale Uitvoerende Komitee president, Hendrik Louw, sowel as afgevaardigdes van 11 takke landswyd het die Algemene Jaarvergadering bygewoon.

Foto’s: Wouter Pienaar

Op Saterdagaand, 11 Maart is ‘n gala-aand by The Roots Lifestyle Centre aangebied waar lede vir hulle fantastiese bydraes tot die bevordering van genealogie in Suid-Afrika vereer is.

Peet Coetzee het as gasspreker opgetree en ‘n historiese perspektief gedeel oor die Boere-offisier, Manie Lemmer. Dit was ‘n interessante kyk na Lemmer se impak in die Anglo Boereoolog as veggeneraal, sowel as sy tragiese beswyking in hierdie oorlog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button