Local newsNewsNews

Bailliepark- en Losbergtak bied 2023 VLU streekkonferensie aan

Die gasspreker was prof. Chris van der Walt wat die dames ingelig het oor natuurbewaring

Die VLU se Bailliepark en Losberg-tak het vanjaar die voorreg gehad om die 2023 Sonneblomstreek-konferensie Woensdag, 8 Maart by die Gereformeerde Kerk, Potchefstroom-Oos in Paryslaan aan te bied.

Dit was `n kleurvolle geleentheid waar alles in rooi, blou en geel aangebied is. Nege van die VLU takke het die verrigtinge bygewoon.

Foto’s: Wouter Pienaar en Driena Fourie

Ds. Marius de Beer het met skriflesing en gebed geopen. Die amptelike opening is waargeneem deur NW VLU president, Gerda Swart. Ria Kotzè het die kers aangesteek vir die vriendinne wat nie meer met ons is nie. NWVLU president, Gerda Swart het die lidmaatskaptoekenningsknopies oorhandig aan Petru Claase vir 30 jaar van Prisma, Alda van der Walt vir 40 jaar van Zoetmelksvlei, Patricia Muller vir 40 jaar van Bailliepark en Ria Kotzè vir 60 jaar van Die Wilger.

Die gasspreker was prof. Chris van der Walt wat die dames ingelig het oor natuurbewaring. Hy het baie insiggewende feite bespreek. Elize Schutte is verkies tot voorsitter van die Sonneblomstreek en Driena Fourie tot skakelbeampte van dié streek. Daar was ook gelukkige trekkings vir die dames en heerlike geskenkpakkies is ook uitgedeel.

Marguerite van Wyk het verskeie pragtige Afrikaanse liedjies gesing. Sy is begelei deur Trudie van der Walt en haar seun. Tannie Cilla de Beer is 65 jaar lid van die VLU. Wat ‘n prestasie. Kinnie Yssel, Gerda Swart en Cindy Coetzee het die prysuitdeling behartig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button