Local newsNewsNews

Man oorlede in motorfietsongeluk op Rysmierbultpad

‘n Man is Sondagmiddag (19 Maart) in ‘n motorfietsongeluk op die Rysmierbultpad oorlede. ‘n Vrou wat saam met hom op die motorfiets was, is in ‘n kritieke toestand.

‘n Man is Sondagmiddag (19 Maart) in ‘n motorfietsongeluk op die Rysmierbultpad oorlede. ‘n Vrou wat saam met hom op die motorfiets was, is in ‘n kritieke toestand.

Toe paramedici op die toneel arriveer het die man en vrou langs hul motorfiets gelê.

“Paramedici het die pasiënte ondersoek en gevind dat die man talle noodlottige beserings opgedoen het terwyl die vrou in ‘n kritieke toestand was. Ongelukkig kon niks vir die man gedoen word nie, en hy is dood verklaar,” lui ‘n persverklaring van ER24.

Die vrou is van gevorderde lewensondersteuning voorsien voordat sy na ‘n nabygeleë hospitaal vir dringende sorg per helikopter vervoer is.

Mooirivier Beskerming First Responder en ER24 was op die toneel.

Plaaslike owerhede was ook op die toneel vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button