Rooy Kosmark gaan weer vir baie pret sorg op Sondag, 26 Maart
“Car boot sale” stalletjies wat deur lede van die gemeenskap aangebied word sal beskikbaar wees met verkope van klere en huishoudelike items.

Die gewilde kosmark is terug 10:00-15:00 op Sondag, 26 Maart 2023, met gratis toegang. Dit sal plaasvind by die Van Rooyen Saal in Piet Bosmanstraat. Daar sal Granadilla gin “on tap” beskikbaar wees, asook verskeie wyne te koop.
“Car boot sale” stalletjies wat deur lede van die gemeenskap aangebied word sal beskikbaar wees met verkope van klere en huishoudelike items.
Alabama Dream sorg vir ‘n opgeruimde atmosfeer vir die duur van die mark. Troeteldiere is welkom, dus kan die hele gesin saamkom!
Vermaak wat vir kinders aangebied word sluit in:
- * Springkasteel beskikbaar;
- * Trap Go karts;
- * Gesigverf;
- * Verskeidenheid speletjies vir die kinders.
Produkte wat by die mark beskikbaar sal wees vir aankope sluit in:
- Lekker nageregte
- Burgers
- Verskeidenheid Jaffels
- Lekker boereworsrolle en gebraaide sosaties
- Geurige koffie beskikbaar
- Tradisionele pannekoek
- Biltong
- Outydse lewerkoekies
- Vars koekies
- Tuisgemaakte souse
- Tuisgemaakte konfyte
- Geurige Kerrie en rys
- Maleise Lamskerrie
- Beesstert met stampmielies of groente

Crafts wat beskikbaar gaan wees vir aankope sluit in:
- Stering silver juwele;
- Houtmodelle & Kralewerk;
- Leer juwele;
- Verskeidenheid klere.
Kom maak ‘n draai en sien vele meer
Die volgenda mark sal op 28 Mei 2023 plaasvind. Vir meer inligting skakel vir Tania by 079 918 2090 of stuur ‘n e-pos na hullabaloo.decorhire@gmail.com. As die nuuskierigheid te veel raak, besoek die mark se Facebook page by https://www.facebook.com/RooyFoodMarket.




