Local newsNewsNews

Waterlek in Meadowstraat ‘n groot vermorsing van water

"Dis hartseer om te dink al hierdie skoon water vloei net en daar is mense in Mohadin en Promosa wat nie water het nie,”

Vir die afgelope drie en ‘n half jaar is ‘n waterlek op die hoek van Meadow-en Scheepers strate nog nie herstel nie.
Hierdie waterlek is al talle kere gerapporteer by die J.B. Marks munisipaliteit sonder dat die probleem opgelos word.
Altus Snyman, ‘n inwoner in die area, sê hy het al telkemale die waterlek gerapporteer, maar het nog geen terugvoer gekry nie.

“Dis nou amper vyf maande na die vorige berig in die Herald, en nogsteeds het die munisipaliteit niks gedoen nie,” sê Snyman.

“Al wat ons kan doen is dit in die koerant sit dat die mense daarvan weet, of dit self regmaak. Dit gaan nie maklik wees nie, want jy gaan hele ding moet oopmaak en vervang.”

Heinricha Hodgson, DA raadslid in wyk 5, noem dat sy al vele male die waterlek gerapporteer het, maar ook geen sukses behaal het nie.

Heinricha Hodgson, raadslid in Wyk 5 by die waterlek in Meadowstraat. Foto: Cornelia Hitge.
Die water vloei in Meadowstraat. Foto: Cornelia Hitge.

“Dis hartseer om te dink al hierdie skoon water vloei net en daar is mense in Mohadin en Promosa wat nie water het nie,” sê Hodgson terwyl sy in die gat afkyk. Hodgson verneem dat die waterlek nou oopgemaak is en hoop dat dit nou vining herstel sal word aangesien die problem sigbaar is.
*Die Herald het die munisipaliteit vir kommentaar genader, maar teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button