Local newsNewsNews

In hierdie student se klein botteltjie is daar groot gif en hope talent

Anzélle is ‘n opwindende nuwe gesig in die Afrikaanse musiekbedryf wat met haar eerste enkelsnit, “Klein Botteltjie Groot Gif” bewys dat drome en doelwitte bereik kan word.

Anzélle is ‘n opwindende nuwe gesig in die Afrikaanse musiekbedryf wat met haar eerste enkelsnit, “Klein Botteltjie Groot Gif” bewys dat drome en doelwitte bereik kan word.

Hierdie nuwe lied, wat op 17 Maart bekendgestel is, het alreeds talle luisteraars se voete laat jeuk met propvol energie sowel as unieke en treffende lirieke wat saamsing die enigste opsie maak.

Anzélle (19) is ‘n tweedejaar BA Kommunikasie en Literatuur-student op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Dit was sodoende heel toepaslik dat die musiekvideo vir “Klein Botteltjie Groof Gif” ook in Potchefstroom en op kampus (Hombré Manskoshuis en die Duikweg) geskiet is.

Anzélle het die musiekvideo vir Klein Botteltjie Groof Gif in Potchefstroom geskiet.

“As ‘n student was ek in my gemak dat die video so geskiet is. Baie studente en mense sal bekend wees met die areas. Dit het ook perfek gepas vir die storielyn wat juis oor studente gaan,” noem Anzelle.

Volgens Anzelle beeld hierdie speelse liedjie uit dat ‘n mens altyd jou potensiaal kan bereik.

Kyk die musiekvideo hier:

“Dit is ‘n lekker liedjie om mee saam te kuier en braai, maar op ‘n ernstige noot maak dit nie saak wie jy is wat jy doen of waarvandaan jy kom nie. Jy kan doen net wat jy wil.  Jou droom is nooit te groot nie en jy is ‘n klein botteltjie met groot gif,” meen Anzelle.

Die Potchefstroomse invloed strek nog verder met Rouxan Cloete, Johan Viljoen en Dirk van Niekerk wat die liedjie saam geskryf het. Hierdie kranige span het beslis ‘n treffer geskep wat nie net by Anzelle se persoonlikheid pas nie, maar ook by baie luisteraars sal aanklank vind.

“Ek is mal oor Potchefstroom. Ek swot die lekkerste graad wat perfek by my pas. Ek is mal oor die mense wat hier is. Dit is my tipe mense,” noem Anzelle, wat met Dinki Dameskoshuis geaffilieer is en privaat in Potch bly.

Haar musikale inspirasies is Danie du Toit van Spoegwolf sowel as Adele.

“Ek dink my liefde vir musiek was nog altyd net daar. Ek het net nog altyd myself bevind dat ek oral in elke situasie sing. My heel eerste liedjie wat ek stap vir stap geleer het was Adele se “Rolling In The Deep,” noem Anzelle.

Anzelle sing alreeds vandat sy 10 jaar oud is, en het ook al talle sangkompetisies deur haar loopbaan gewen.

Sy begin as jong meisie by Studio Cha vir professionele sanglesse. Volgens haar afrigter Chantalle Schutte was dit Anzelle se stemkwaliteit wat van die begin af uitgestaan het.

Anzélle het haar eerste enkelsnit “Klein Botteltjie Groot Gif” bekendgestel. Foto: Verskaf.

In 2014 word sy genooi om deel te neem aan AMTC (Actors, Models and Talent for Christ) in Orlando, Florida. Anzelle, wat oorspronklik van Pretoria afkomstig is, word ook aangewys as die wenner van die Garsfontein Kunstefees in 2016 & 2019.

In 2020 word sy ook aangewys as PACISA (Performing Arts Community in SA) se algehele wenner en in 2021 wen sy die tweede seisoen van die TV program – Begin Sing.

Anzélle is ‘n nuweling in die musiekbedryf wat groot drome het.

Met so lang lys prestasies alreeds, is daar geen twyfel dat die toekoms blink vir hierdie kunstenaar nie.

Vir nou wil sy aanhou om haar drome uit te leef en groter te droom.

“My raad vir ander jong opkomende kunstenaars is om jouself te wees want almal het hulle eie droom en ons moet ons eie journey volg. Moet nie bang wees vir wat onbekend is aan jou nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button