Potch Sakekamer en Geesfees neem hande om positiewe impak te maak
Die Virseker Geesfees, wat van 24 tot 26 Maart by Lekwena Wildlewe Landgoed sal plaasvind, ongeveer 10 km buite Potchefstroom, belowe om 'n onvergeetlike geleentheid te wees

Die Potchefstroom Sakekamer, in samewerking met die Virseker Geesfees is honger vir verandering en feesvieringe wat ‘n posistiewe impak op die gemeenskap van Potchefstroom sal hê.
Te danke aan ‘n opwindende samewerkingsgeleentheid tussen die Sakekamer en die feesorganiseerders, het lede van die Potchefstroom Sakekamer rede om opgewonde te wees oor die Virseker #Geesfees2023.
Lede van die sakekamer kry hierdie jaar ‘n eksklusiewe 15% afslag op hul kaartjies en stalletjie-koste. Die fees, wat van 24 tot 26 Maart by Lekwena Wildlewe Landgoed sal plaasvind, ongeveer 10 km buite Potchefstroom, belowe om ‘n onvergeetlike geleentheid te wees met optredes van talentvolle kunstenaars soos onder andere Appel, Ricus Nel, Reën, Brendan Peyper, Juan Boucher en aktiwiteite vir die hele gesin.
Die #Geesfees bied ook ‘n verskeidenheid stalletjies wat alles van heerlike kos tot handwerk aanbied.Die feesorganiseerders en borge hoop om sielskos deur musiek en feestelikhede te bied, terwyl hulle ‘n positiewe impak op die gemeenskap maak. Met hierdie feesvieringe, mik die organiseerders van die fees daarop om bewustheid oor hongersnood onder ons land se mense te skep.
Met so baie kinders wat elke aand honger gaan slaap, is die fees op die been gebring om hoofsaaklik die #StopHonger-voedingskema te ondersteun en fondse te genereer om te help om kos aan meer as 8,000 kinders in gemeenskappe te voorsien.

Die Potchefstroom Sakekamer se samewerking met die Virseker Geesfees 2023 is ‘n uitstekende geleentheid vir lede om saam fees te vier en ‘n verskil in die gemeenskap te maak.
Volgens die voorsitter van die Potchefstroom Sakekamer, Juanita Smit, is hierdie samewerkingsgeleentheid met Virseker #Geesfees2023 ‘n wonderlike geleentheid om verandering aan te moedig en ekonomiese vooruitgang vir besighede te verseker, met mense wat van reg oor Suid-Afrika ons stad kom besoek om die fees by te woon.
Juanita sê dat geleenthede soos hierdie skep die perfekte geleentheid vir lede van die gemeenskap om saam te staan vir ‘n beter toekoms. Kry nou jou kaartjies en kom hou saam fees!
Vir meer inligting oor die #Geesfees, kaartjie-verkope, stalletjie aansoeke en die volledige lys van kunstenaars, besoek die webwerf by https://bit.ly/Virseker_Geesfees_2023.
Kontak ook gerus vir: Elbé Visagie per e-pos by geesfeespotch@gmail.com of by 082 555 5766




