Legende in rolbalkringe oorlede
Stange, gebore op 15 September 1926, het nog diep in sy 90’s aan rolbal deelgeneem en was ‘n legendariese figuur by die Potchefstroom Buiteklub waar hy rolbal gespeel het.
Hermann Wilhelm Stange (96), een van Potchefstroom se bekendste rolbalspelers, is Saterdag, 18 Maart na ‘n siekbed van drie maande oorlede.
Stange, gebore op 15 September 1926, het nog diep in sy 90’s aan rolbal deelgeneem en was ‘n legendariese figuur by die Potchefstroom Buiteklub waar hy rolbal gespeel het. Hy het vir 56 jaar aan dié sport deelgeneem en het ook lank by Witrand Hospitaal gewerk.


Sy troosdiens word Vrydag, 24 Maart om 11:00 vanuit die Sewendedag Adventistekerk in Du Plooystraat 70 gehou.
Hy word oorleef deur sy vrou, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.
“Ons dank die Hemelse Vader vir so ‘n lang tyd aan ons geleen. Ons dank ook die personeel van Samuel Broadbent, ER24 en Mediclinic se ongevalle vir die bystand tydens sy afsterwe. Rus in vrede,” sê sy familie.




