Local newsNewsNews

Inwoners dankbaar dat begraafplaas opgeknap word

Die JB Marks munisipaliteit het die begraafplaas hierdie afgelope week weer opgeknap as deel van 'n skoonmaakprojek wat vir die einde van Maart geoormerk was.

In minder as twee weke sy tyd is daar ‘n groot verbetering rakende die toestand van die hoofbegraafplaas in Readstraat in die industriële area.

Die JB Marks munisipaliteit het die begraafplaas hierdie afgelope week weer opgeknap as deel van ‘n skoonmaakprojek wat vir die einde van Maart geoormerk was.

Talle werkers het bossies uitgetrek, gras gesny en ander instandhoudingswerk verrig.

Werkers besig om die begraafplaas op te knap. Foto: Verskaf.

Die Herald het op Donderdag, 16 Maart oor die swak toestand van die begaafplaas berig met bossies en lang gras wat tussen die grafte groei en dit moeilik maak vir inwoners om hul geliefdes se grafte te besoek. Die munisipaliteit het by navraag toe genoem dat daar ‘n skoonmaakprojek geloods sou word. Daardie belofte is nou vervul, wat inwoners met geruste harte laat.

“My hart is baie dankbaar dat die begraafplaas nou weer netjies is,” noem Mickey Bennett, een van die inwoners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button