Local newsNewsNews

VIDEO: Hof in haglike toestand terwyl herstelwerk sloer

Volgens regslui is die strukturele toestand van die hof haglik. Verder is die fasiliteite ook ontoereikend om siviele gedinge, strafsake, onderhoudsake en gesinsgeweld-sake effektief aan te hoor.

Die departement van openbare werke en infrastruktuur se gesloer met die herstel en instandhouding van die Potchefstroomse Landdroshof, ontwrig daagliks steeds regspleging.

Sedert ‘n gedeelte van die dak van dié hofgebou in September 2022 inmekaargesak het, is talle hofverrigtinge vertraag weens die huidige toestand van die hof.

Kyk die video van hoe die hof na ‘n reënbui lyk:

Slegs ‘n gedeelte van die hof (die ingangsportaal en sekuriteitsarea, openbare toilette, hysbakgebied, hooggeregshof en die kinderhof) is as bruikbaar verklaar. Die stadsaal van die J.B. Marks Plaaslike munisipaliteit word onder meer as ‘n hofsaal vir strafsake aangewend.
Volgens regslui is die strukturele toestand van die hof haglik. Verder is die fasiliteite ook ontoereikend om siviele gedinge, strafsake, onderhoudsake en gesinsgeweld-sake effektief aan te hoor.

“Daar is nie ‘n kragopwekker by die stadsaal, waar van die sake nou sit, of in die hof nie. Dit veroorsaak dat die verrigtinge nie kan voortgaan wanneer daar beurtkrag is nie, omdat die verrigtinge elektronies opgeneem word. Verder raak ons hofrolle nou so vol dat ons van ons sake toenemend moes uitstel, omdat daar nie genoeg hofsale is om aangeleenthede aan te hoor nie,” vertel Marlene Steyn-du Toit, direkteur van Steyn-du Toit Prokureurs.

Die dak van die Potchefstroom landdroshof. Wanneer die reën drup water deur die dak en maak die vloer sopnat.

Sy het ook ‘n brief in verlede jaar aan die Direkteur-Generaal van die Departement van Justisie gerig met navrae rakende die toestand van die hof.

Sy noem verder dat die gebrekkige infrastruktuur veroorsaak dat water deur die dak lek wanneer dit reën.

Volgens Fanie du Toit, Vryheidsfront Plus-LP, het litigante en regslui miljoene rand se skade gelei weens sake wat nie afgehandel word nie.
“Hierdie situasie lei tot chaos en groot frustrasie onder regslui en hofpersoneel met ‘n hofrol wat daagliks tot onbeheerbare vlakke groei,” voer hy aan.

In antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus, het die minister van openbare werke en infrastruktuur, Sihle Zikalala, aangedui dat die herstel van die hofgeboue eers teen onderskeidelik Maart 2024 in Potchefstroom afgehandel sal wees.

 * Die Herald het die department van openbare werke vir navrae gekontak maar teen druktyd was daar nog nie amptelike terugvoer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button