Local newsNewsNews

Beampte in bedrogsaak steeds werksaam by munisipaliteit

Mr. Mohau Shuping werk tans as ‘n toesighouer vir skoonmakers by die Potchefstroom Dam oord.

Een van die drie munisipale amptenare wat vir bedrog en diefstal deur die Valke aangekla is, werk nog steeds by die munisipaliteit. Dit ten spyte van die feit dat ‘n ondersoekverslag dissiplinêre stappe vereis het.

Mnr. Mohau Shuping werk tans as ‘n toesighouer vir skoonmakers by die Potchefstroom Dam oord.

Die munisipaliteit het verlede week na die Herald se navrae bevestig dat Shuping nog op hulle boeke is. Hy was voorheen ‘n opsigter van die ontspanning en sportfasiliteite van die munisipaliteit.

Mohau Shuping. Foto: Facebook.

“Mnr. Mohau Shuping is saam met ‘n aantal werknemers van die Departement van Finansies op voorkomende skorsing geplaas. Die ondersoekverslag het dissiplinêre stappe teen daardie spesifieke werknemers aanbeveel. Die skikkingsooreenkoms wat onder andere mnr. Mohau Shuping ingesluit het, het bepaal dat hy aan die departement of afdeling toegewys word wat nie sy substantiewe posisie is nie. Dit verduidelik sy posisie by die Potchefstroom Lakeside Dam,” noem munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite.

Kgotso Khumalo, Mohau Shuping en Cyril Henry die eerste dag tydens hul hofsaak in die Ventersdorpse landdroshof in 2021. Foto: Venessa van der Westhuizen

Shuping, Kgotso Khumalo (die voormalige uitvoerende burgemeester), en Cyril Henry staan tereg op agt aanklagte van diefstal en bedrog uit munisipale fondse. Die verhoor gaan op 14 April in die Ventersdorp Streekhof voort. Dit is in Maart uitgestel weens die feit dat Shuping nuwe regsverteenwoordiging kon bekom.

Volgens Henry Mamothame, Nasionale Vervolgingsgesag (NVG)-NW streekwoordvoerder is die drie uit op waarskuwing en is hulle gemaan om nie met die staatsgetuies in te meng nie.

“Khumalo, saam met Shuping en Henry, staan ​​tereg op agt aanklagte van diefstal en bedrog van munisipale fondse, en hulle het onskuldig gepleit op alle aanklagte,” het Mamothame verlede maand bevestig.

DA raadslid in die JB Marks munisipaliteit, Hans-Jurie Moolman, noem dat die munisipaliteit se optrede rakende Shuping net weer ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid is.

“Daar is geen rede dat daar nie teen Mnr. Shuping dissipliner opgetree kon word nie. Daar is geen voorwaarde dat ‘n krimele saak eers afgehandel moet word voordat daar teen die werker kan opgetree word nie,” voer Moolman aan.

“Mnr Shuping is aangekla omdat daar ‘n Prima Facie saak teen hom is en daar is geen rede waarom die munisipaliteit nie die verklaring by die polisie kon bekom en hom disspliner kon verhoor het nie. Hierdie gaan oor die beserming van korrupsie by JB Marks en is weereens ‘n teken van die totale gebrek aan verantwoordbaarheid,” verduidelik Moolman.

*Die Herald het vir Shuping vir kommentaar genader, maar teen druktyd het hy nog nie terugvoer gegee nie. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button