Local newsNewsNews

Episode met slaggat in Smitstraat kos motoris duisende rande

Weens die slag is drie van die bestuurder se wieldoppe gekraak, ‘n band beskadig en die linkerkantste voorwiel se laer beheerarm gebreek.

‘n Potchefstromer het onlangs ‘n lelike ontmoeting met ‘n slaggat in Smitstraat gehad wat haar duisende uit die sak gejaag het. Sy het sodoende besluit om ‘n eis teen die J.B. Marks munisipaliteit in te stel.

Lizelle Taljaard het in Smitstraat met haar Volkswagen Polo gery en nie opgemerk dat die pad effens insak waar die slaggat is nie. Weens die slag is drie van haar wieldoppe gekraak, ‘n band beskadig en die linkerkantste voorwiel se laer beheerarm van een van haar wiele moes ook vervang word.

Hierdie episode met die slaggat het vir Taljaard-hulle ongeveer R 8000 uit die sak gejaag.

“Ek is hoogs die duiwel in. Dit is ‘n slaggat wat mens nie eers sien nie. Ons sit ‘n eis in teen die munisipaliteit sodat hulle die kostes kan terugbetaal. Ons moes ‘n laer beheerarm koop en laat regmaak deur ‘n vriend van ons, wat ons darem goedkoper uitgewerk het,” vertel Taljaard.

‘n Inwoner het ook hierdie teken langs die slaggat in Smitstraat geplaas om motoriste te waarsku. Die slaggat is ook met verf omkring. Foto: Wouter Pienaar.

“Dit is ‘n baie lelike gat. Mense moet versigtig wees en eise insit sodat die munisipaliteit weet dat ons dit nie gaan duld nie,” meen sy.

Die J.B. Marks munisipaliteit het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button