Local newsNewsNews

Mooimed Hospitaal aangewys as een van land se bestes

Mooimed Hospitaal het vanjaar ‘n nuwe opwindende vennootskap met die NWU Varsitybekerspan sowel as die Luiperds rugbyspan begin wat reeds tot groot suksesverhale gelei het.

Sukses, uitnemendheid, kwaliteit diens en ‘n fokus om hulle pasiënte altyd eerste te stel is waarvoor Mooimed Privaat Hospitaal bekendstaan en vanjaar is dit geen uitsondering nie. Mooimed Hospitaal het vanjaar ‘n ekstra veer in hulle hoed gekry toe hulle deur Discovery Mediese Fonds as een van die top 13 hospitale in die land aangewys is.

Verder is Mooimed Hospitaal ook plaaslik deur die Potchefstroom Sakekamer as die #ProPotch se Besigheid van die Jaar aangewys vir beste dienslewering.

“Dit is vir ons as hospitaal ‘n groot eer om die erkenning te kan ontvang vanuit die gemeenskap en as een van die top hospitale in die land bekend te staan,” noem Annetjie Oosthuizen, bestuurder van Mooimed Hospitaal.

Natasha Bosman (operasionele bestuurder, Mooimed Hospitaal), Annetjie Oosthuizen (bestuurder – Mooimed Hospitaal) en Juanita Smit (voorsitter van die Potchefstroom Sakekamer). Mooimed Hospitaal is aangewys as die #ProPotch wenners vir beste dienslewering.

Mooimed Hospitaal het vanjaar ‘n nuwe opwindende vennootskap met die NWU Varsitybekerspan sowel as die Luiperds rugbyspan begin wat reeds tot groot suksesverhale gelei het. Die NWU Varsitybekerspan is vanjaar die amptelike Varsitybekerkampioene en dit is iets waarin Mooimed Hospitaal ook net soveel vreugde deel aangesien hulle die pad saam hierdie wenspan gestap het. Oosthuizen noem dat hulle vanjaar hande gevat het met die NWU en die Luiperds om hulle ondersteuning te bied en terug te gee vir die gemeenskap.

Mooimed Hospitaal se personeel (in blou) het ook in die vreugde van die NWU se Varsitybeker-oorwinning gedeel. Mooimed het vanjaar saam met die NWU Varsitybekerspan hande gevat. Foto: Wouter Pienaar.

“Dit was vanjaar werklik lekker om deel van die NWU se oorwinning te kan wees en te kon bydra en die spelers te help waar ons kan. Ons kon ook die eindstryd bywoon en dit was beslis ‘n belewenis,” noem sy.

“Ek het met Dan (Daneel Joubert), die spanbestuurder, gesels en ons het toe besluit om elke week iets vir die spelers te gee wat presteer het. Sodoende is dit ook ‘n vorm van bemarking waar die spelers ook meer te wete kom oor die mediese fasiliteite en dienste wat ons bied,” voer sy verder.

Die NWU se Varsitybekerspan geklee in gholfhemde wat Mooimed Hospitaal vir hulle verskaf het.

Volgens die bestuurder van die NWU Rugbyinstituut, Mervyn Taylor, was dit ‘n wonderlike vennootskap saam met Mooimed, veral met betrekking tot die getroue ondersteuning wat hulle weekliks ontvang het.

“Dit was vir ons baie waardevol, veral omdat hulle ons spelers so mooi gehelp het deur die seisoen. Dit is lekker om te sien hoe ‘n besigheid uit die gemeenskap teruggee. Die venootskap met Mooimed het definitief ‘n rol gespeel in die algehele welstand van die span,” noem hy.

Mooimed het ook vir die Luiperds baadjies en toksakke verskaf en sodoende verder hulle rugby en sport-voetspoor vergroot. “Dit is vir ons belangrik om onsself te kan bemark en terug te gee aan die gemeenskap, veral op sportgebied,” noem sy.

Mooimed Hospitaal se voetspoor strek nou ook tot by die Luiperds Rugbyunie met ‘n opwindende vennootskap.

Mooimed Hospitaal verskaf verskeie uitstaande gehalte dienste aan die publiek soos algemene praktisyns, tandartse, oftalmoloë, ortopediese chirurge, dermatoloë, radiologie, urologie, chiropraktisyns, fisioterapeute en nog meer.

Dit maak van Mooimed Hospitaal beslis ‘n alles-in-een bestemming vir die beste mediese diens. Nog ‘n uitstekende aspek van Mooimed is die apteek wat ‘n gerieflike een-stop ervaring vir besoekers en pasiënte bied.

“Vandat ons verlede jaar die apteek oopgemaak het, gaan dit baie goed. Dit werk uitstekend en ons maak dit maklik om na werksure ook medikasie te kan ontvang,” noem sy.

Die Mooimed Apteek se besigheidsure is as volg:

Maandag – Vrydag: 06:30 – 20:00

Saterdag: 08:00 – 13:00 en 18:00 – 20:00

Sondae en openbare vakansiedae: 08:00 – 12:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button