Suksesvolle sakeman en hoenderplaas-patriarg oorlede
John Fourie was welbekend as die besturende direkteur van Fourie's Poultry Farms ook bekend as Chubby Chick in Potchefstroom.
‘n Potchefstroom legende en een van Suid-Afrika se suksesvolste sakemanne, John Fourie (75), is vanoggend (Dinsdag, 16 Mei) oorlede.
John was welbekend as die besturende direkteur van Fourie’s Poultry Farms ook bekend as Chubby Chick in Potchefstroom.

Hy het in 1969 as besturende direkteur van die familiebesigheid oorgeneem en dié pos beklee tot met sy afsterwe.
Een van sy seuns, Deon, het die nuus van sy afsterwe aan die Herald bevestig.
Onder John se leierskap het die Fourie’s se familiebesigheid een van die grootste hoenderverskaffers in die land geword en ook werk aan duisende mense oor meer as vyf dekades verskaf.
John het ook by Potchefstroom High School for Boys in 1965 gematrikuleer en het ‘n lang en suksesvolle aansien in die gemeenskap vir dekades.
Sodra die Herald meer inligting verkry sal ‘n langer stuk oor John Fourie se nalentenskap hierdie week gepubliseer word.



