Local newsNewsNews

Haweloses se tydelike skuilings ‘n oogseer vir inwoners

Die probleem is dat van hierdie haweloses, plastiek, metaal en allerhande ander bruikbare items soms uit vullissakke neem en die area waar hulle tydelike skuilings oprig, baie slordig laat lyk.

Inwoners in Potchefstroom het die afgelope week weer hulle kommer uitgespreek oor haweloses wat tydelike wonings vir hulself op straat skep.

Die probleem is dat van hierdie haweloses, plastiek, metaal en allerhande ander bruikbare items soms uit vullissakke neem en die area waar hulle tydelike skuilings oprig, baie slordig laat lyk. Die kommer is ook dat as haweloses in besige strate soos Walter Sisululaan skuilings oprig, dat dit nie net ‘n oogseer veroorsaak nie, maar ook ‘n nadelige effek op besighede sal hê.

Rommel is in hope bymekaar gemaak waar haweloses in die straat plak. Foto: Verskaf.

Die J.B. Marks munisipaliteit het by navraag genoem dat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling nie plek vir volwasse haweloses het om hulle te akkommodeer en te versorg nie.

“Die munisipaliteit sal van tyd tot tyd help met die afbreek van tydelike strukture wat op oop openbare ruimtes opgerig is. Dit is ongelukkig so dat die getal haweloses in ons strate toeneem en die oprigting van tydelike strukture buite die munisipaliteit se vermoë raak om te beheer,” noem munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite.

“As die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit is ons besig om ‘n aantal verordeninge te hersien wat ‘n langtermyn oplossing sal bied,” voer sy verder aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button