Local newsNewsNews

Verdrinking: Twee kinders se liggame opgespoor

Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het bevestig dat die liggame van die twee kinders opgespoor is maar dat polisieduikers steeds na die man se liggaam soek.

Die twee kinders wat in ‘n dam verlede Saterdag (13 Mei) verdrink het se liggame is gister (Vrydag, 19 Mei) gevind.

NW polisieduikers het verlede week op die toneel van die verdrinking, ongeveer 20km buite Potchefstroom na die liggame van ‘n man en twee kinders gesoek. Die dam is op die Potchefstroom pad in die rigting van Vanderbiljpark. Dit is omtrent so 4 kilometer na die afdraai op die Potchefstroompad vanaf die R53 (Paryspad).

Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het bevestig dat die liggame van die twee kinders opgespoor is maar dat polisieduikers steeds na die man se liggaam soek.

“Die eerste kind is laat Donderdagmiddag gevind en op Vrydagoggend is die ander seuntjie ook op die toneel van die verdrinking gevind,” het Myburgh genoem.

Die Herald het Donderdag (18 Mei) berig dat die man en twee kinders glo gaan visvang het op ‘n kano voordat die tragedie hulle getref het.

*Sodra daar meer inligting rondom die oorsaak van die verdrinking sal die Herald dit byvoeg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button