Local newsNewsNews

Besige naweek vir nooddienste in Potchefstroom

Daar was op Vrydag, 26 Mei drie ongelukke op die N12 buite Potchefstroom in die rigting van Johannesburg.

Daar was op Vrydag, 26 Mei drie ongelukke op die N12 buite Potchefstroom in die rigting van Johannesburg.

Ongeveer 08:40 het ‘n swaar motorvoertuig en ligte motorvoertuig sowat 15km buite Potchefstroom in die rigting van Johannesburg met mekaar gebots. Vyf insittendes is in die ongeluk beseer.

ROCKET HEMS se helikopter is ontbied om een van die pasiënte wat veelvuldige beserings opgedoen het, na Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg te vervoer. Die helikopter het ongeveer 09:30 geland. Die N12 was vir 45 minute gesluit.

‘n Trok en ligte motorvoertuig het teen mekaar op die N12 gebots op Vrydag, 26 Mei. Foto: Mooirivier Beskerming/Facebook.
Die Rocket Hems helikopter laai ‘n pasiënt op wat veelvuldige beserings opgedoen het tydens ‘n motorongeluk op die N12. Foto: Mooirivier Beskerming/Facebook.

Die vier ander pasiënte het geringe tot matige beserings opgedoen en is per ER24 ambulans na verskeie plaaslike hospitale vervoer.

‘n Kort ruk daarna (10:53) het nog ‘n ongeluk naby Lekwena Wildlife Estate op die N12 plaasgevind. Twee voertuie was in hierdie botsing betrokke. Daar was geen ernstige beserings nie.

Die motorongeluk het omstreeks 10:53 op die N12 naby Lekwena plaasgevind. Foto: Mooirivier Beskerming/Facebook.

Later in die aand om 19:08 was daar ‘n derde ongeluk naby Atlantic Oil op die N12 toe ‘n trokke en ‘n ligte motorvoertuig ook teen mekaar gebots het.

Die ongelukstoneel naby Atlantic Oil op die N12 in die rigting van Johannesburg.

Een pasiënt is met geringe beserings na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.

ER24 nooddienste en Mooirivier Beskerming First Responder was op al hierdie tonele teenwoordig.

Daar was ook op Saterdagaand ‘n voetganger doodgery, en ‘n groot ongeluk op die hoek van MC Roode-rylaan en die R 501 (Carletonville-pad).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button