Local newsNewsNews

Nehemia-projek wil Potch se “gevalle mure” herbou

“Ons lewe in ‘n tyd waar ons as gemeenskappe en kerke uit die boks moet dink om die sosiale en maatskaplike behoeftes aan te spreek en net weer vir mense hoop te gee."

Operation Compassion Potchefstroom (OCP) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat gestig is toe die nood in die Potchefstroom gemeenskap raakgesien is.
“Ons lewe in ‘n tyd waar ons as gemeenskappe en kerke uit die boks moet dink om die sosiale en maatskaplike behoeftes aan te spreek en net weer vir mense hoop te gee,” sê Quintus Groenewald, pastoor by die Potchefstroomse Volle Evangelie Kerk, asook betrokkene by OCP.

Foto’s: Operation Compassion Potchefstroom/Facebook

OCP se leuse is “Rebuilding the broken and fallen walls of our community,” wat inskakel by hul nuutste projek, Nehemia.

“In die Bybel boek Nehemia was hy (Nehemia) baie bedroef oor die gevalle en verbrande mure van die stad Jerusalem. Hy het die gemeenskap bymekaar laat kom en die mure van Jerusalem was in n rekordtyd herstel. So ook is hierdie projek Nehemia gebore om die gevalle mure van ons gemeenskap soos bv: werkloosheid, gemeenskap agteruitgang, maatskaplike dienste, hongersnood en nog vele meer aan te spreek. Ons het gesien hoe dinge in ons dorp teen ‘n vinnige pas agteruitgaan, daarom wil ons nie meer kla nie maar daadwerklik iets doen,” sê Groenewald verder.

Nehemia het die mure van Jerusalem deur, passie, gebed, beplanning, en die projek, herstel, so glo OCP ook in hierdie resep om ‘n verskil te maak.

OCP is ‘n Artikel 18 Maatskappy en benodig die gemeenskap en besighede van Potchefstroom om saam hande te vat in Projek Nehemia. OCP verkoop ook virtuele stene waarby mense en besighede vir so min as R 50 ‘n maand kan bydra. Sodoende sit elkeen weer ‘n steen terug in die gevalle mure van Potchefstroom.

“Ons droom is om grond te bekom waar ons groente-tonnels kan oprig, werk kan skep en behuising moontlik kan maak om mense net weer hoop te kan gee. Ons hart is nie net om kospakkies uit te deel vir behoeftiges nie, maar om werk te skep en die werklike probleem aan te spreek,” sê Groenewald.

Op 3 Junie het Projek Nehemia die parkie en parkering oorkant Potchefstroom Hospitaal skoongemaak. Projek Nehemia se volgende aksie vind plaas Saterdag 10 Junie by Pick and Pay Van Der Hoff park. Dis ‘n beplande Food drive, en Potchefstromers is welkom om met OCP se organiseerders te kom gesels, asook om te help kos insamel vir behoeftiges.

Kontak Quintus Groenewald by 072 575 1081 of Danie by 074 165 7806 vir meer inligting. Die naam van die organisasie se Facebookblad is Operation Compassion Potchefstroom. Hul webwerf www.ocsapotch.co.za sal ook binnekort beskikbaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button