Local newsNewsNews
Tiener (15) weer veilig by sy ouerhuis
Zuan Davids (15) is op die Venterskroonpad in die rigting van Potchefstroom deur 'n familielid van een van die onderwysers van Die Wilge, omstreeks 12:30 gevind.
Die leerder van Hoërskool Die Wilge wat sedert verlede Vrydag, 2 Junie, as vermis aangemeld was Zuan Davids (15), is gistermiddag (Maandag, 5 Junie) gevind.
Zuan is op die Venterskroonpad in die rigting van Potchefstroom deur ‘n familielid van een van die onderwysers van Die Wilge, omstreeks 12:30 gevind.
Zuan is tans veilig by sy ma en kry ook berading.
Sy familie is dankbaar vir almal wat met die soektog gehelp het. Hul wou nie verder uitgebrei het oor die redes agter sy verdwyning nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



