Potchefstromers trap fiets ten bate van oud-Gimmie
Verskeie Potchefstromers het Saterdagoggend, 24 Junie, hulle harte oopgemaak en hard getrap tydens ‘n spinathon om fondse vir die oud-Gimmie, Edwin Nelson, in te samel.

Verskeie Potchefstromers het Saterdagoggend, 24 Junie, hulle harte oopgemaak en hard getrap tydens ‘n spinathon om fondse vir die oud-Gimmie, Edwin Nelson, in te samel.
Edwin was einde Mei vanjaar in ‘n gru-motorongeluk tussen Potchefstroom en Parys betrokke waar hy albei sy bene verloor het.
Foto’s: Wouter Pienaar
Sedertdien het Edwin by Mediclinic Potchefstroom vir die eersdte week herstel en vanaf Dinsdag, 6 Junie is hy na Mooimed Hospitaal oorgeplaas waar hy fisioterapie ontvang en verder met sy rehabilitasieproses besig is.
Foto’s: Aldo de Wet/Lisztomania Entertainment
Die doel van die spinathon wat by NTT Volkswagen op die N12 gehou is, is om fondse vir Edwin se prostese en ander mediese kostes in te samel. Daar was ‘n totaal van 20 spanne wat deelgeneem het.
Hein Lubbe het die spinathon aangebied en seker gemaak dat al die spanne lekker trap, beslis sweet en ook soveel pret as moontlik uit die ervaring kry.

‘n Facebookblad “Rise with Edwin” is gestig waar alle nuus en besonderhede oor Edwin se pad na herstel gedeel word. Edwin se familie is in beheer van diè blad.
“Dit het baie vir Edwin beteken. Hy het dit gate uit geniet om te sien hoeveel mense hom ondersteun. Dit het baie gemotiveer,” vertel sy niggie, Jennifer Schoeman.
Edwin behoort volgende week alreeds ontslaan te word en toon goeie vordering na sy ongeluk.