Local newsNewsNews
N12 weer oop na betoging by Ikageng
Omstreeks 08:00 vanoggend is die bane in beide rigtings na Klerksdorp en Potchefstroom weer oop vir verkeer.
Betogers het vroeg vanoggend (Donderdag, 3 Augustus) die N12 by Ikageng met brandende bande en takke versper.
Omstreeks 08:00 vanoggend is die bane in beide rigtings na Klerksdorp en Potchefstroom weer oop vir verkeer. Motoriste moet wel steeds op die uitkyk wees vir obstruksies wat nog op die pad is.
Polisie en verkeerspolisie is tans op die toneel.
Die Herald verneem dat die protes glo handel oor ‘n gebrek aan dienslewering ten opsigte van watervoorsiening.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



