Local newsNewsNews

Bailliepark VLU leer meer oor testamente

Prof. Henk Klopper het breedvoerig gefokus op 21 punte wat in die leêr moet wees.

Professor Henk Klopper het die Bailliepark Vroue Landbou Unie onlangs oor testamente toegespreek.
Corrie Terblanche, voorsitter vir die Bailliepark VLU, het Prof. Henk Klopper genooi om die dames toe te spreek oor die inhoud wat in ‘n testament leêr moet wees.

Prof. Klopper het breedvoerig gefokus op 21 punte wat in die leêr moet wees. Hy het klem gelê dat daar twee oorspronklike testamente moet wees, asook die belangrikheid van die eksekuteer oor jou testament.

‘n ID, bankstate, uitstaande rekeninge, polisbesonderhede en vele meer is volgens Prof. Klopper net so belangrik.

Nog ‘n belangrike punt waarop Prof. Klopper gefokus het is dat ‘n testament geteken en gedateer moet wees. Enige vorige testamente moet herroep word en vernietig word, sodat slegs die mees onlangse testament beskikbaar is. Die onderwerp was vir die Bailliepark VLU baie insiggewend.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button