SportSport

Gimmies se seunshokkiespanne is Noordvaal se bestes

100 persent toewyding en liefde vir die sport is twee van die vele redes waarom Gimmies se seunshokkiespanne die afgelope naweek (4-5 Augustus) as die algehele wenners van die Noordvaal Seunshokkietoernooi aangewys is.

Hokkie is nie net ‘n sport by Potchefstroom Gimnasium nie, maar ‘n leefwyse.

100 persent toewyding en ‘n liefde vir die sport is twee van die vele redes waarom Gimmies se seunshokkiespanne die afgelope naweek (4-5 Augustus) as die algehele wenners van die Noordvaal Seunshokkietoernooi aangewys is.

Al het nie een van die drie spanne (o.14A, o.16A en eerste span) in hulle ouderdomsgroepe die beker gelig nie, was hulle in die top drie.

Die o.14’s en o.16’s eindig as naaswenners met die eerste span wat ‘n derde plek behaal. Dit is ‘n uitstekende prestasie met die dat Gimmies teen top skole in Gauteng soos Monument, Helpmekaar-kollege en Waterkloof te staan gekom het.

Die o.16A,onder die afrigting van Janco Labuschagne, verloor 2-4 teen Hoërskool Monument in die eindstryd, terwyl die o.14A’s, onder die afrigting van Piet van Wyk, na ‘n harde stryd met 2-0 teen Hoërskool Waterkloof verloor.

Piet van Wyk se o.14A’s Gimmie hokkieseuns is ook as naaswenners aangewys.

Mthokozo Mbotho se eerste span bêre vir Sasolburg High met 10-1 om die bronsmedalje te verower. Dit was behoorlike sjampanje-hokkie met doele wat ondersteuners laat regop sit het. Gimmies se eerste span doelmasjien, Jan-Adriaan van Wyk, het in hierdie wedstryd alleenlik 8 doele aangeteken.

Dit is geen wonder dat Van Wyk as die beste speler van die toernooi aangewys is nie. Hy het altesaam 14 doele aangeteken vir sy span. PC Schutte het ook twee doele bygedra vir die eerste span tydens die Noordvaal finaal.

Hennie Coetzee, Gimmies se seunshokkie organiseerder, noem dat hy verskriklik trots is om deel van Gimmies se seunshokkie te wees.

“Die seuns sit harde werk in en voer uit wat die afrigters vir hulle gee om te doen. Ons pluk die vrugte daarvan. Hulle werk deur oefenprogramme in die vakansies ook. Hokkie hou nooit op dy Gimnasium nie. Dit is ‘n leefstryl. Almal wys altyd toewyding,” noem Coetzee.

Volgens hom beskik Gimmies ook oor ‘n uitstekende afrigtingskorps wat baie tyd en moeite in sit.

“Mthokozo Mbotho by die eerste span, Janco Labuschagne by die o.16’s en Oom Piet van Wyk by die o.14’s bring hulle kant deur dik en dun. Die afrigters skroom nooit om die beste afrigtingstegnieke aan te bied en op die hoogte te bly van tendense in die hokkiewêreld nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button