Local newsNewsNews
Koerantverkoper in woonbuurt omgery
Volgens die man het die motoris 'n U-draai gemaak en hom aspris gestamp. Die motoris het toe weggery van die toneel af.
‘n Man wat koerante op die hoek van Burger en Klinkenbergstrate in Bailliepark verkoop, is vanmiddag ongeveer 14:37 glo deur ‘n motoris raakgery.
Volgens die man het die motoris ‘n U-draai gemaak en hom aspris gestamp. Die motoris het toe weggery van die toneel af.
Die man het geen ernstige beserings opgedoen nie en is met Provinsiale Nooddienste per ambulans na Potchefstroom Hospitaal vervoer.
Mooirivier First Responder was ook op die toneel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





